Hierdie vraag het al baie
mense verwar. Aan die eenkant sê Jesus
in Matt 7:1 “Moenie
oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.” Aan die ander kant waarsku die Bybel ons teen
boosdoenders en valse profete en sê dat ons hulle moet vermy. Hoe moet ons onderskei wie hierdie mense is
as ons nie mag oordeel nie?
Christene word somstyds
beskuldig dat hulle oordeel wanneer hulle teen sondige aktiwiteite
uitspreek. Hoe dit ookal sy, dit is nie
die betekenis van die Skrifvers, “Moenie oordeel nie.” Daar is ‘n regverdige oordeel wat ons moet beoefen. John 7:24 sê, “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie,
maar oordeel ‘n regverdige oordeel.”
So wat is die verskil tussen Matt
7:1 wat sê dat ons nie moet oordeel nie en Joh 7:24 wat sê dat ons met ‘n
regverdige oordeel moet oordeel? Die
konteks van Matt 7:2-5 verduidelik vir ons hoe ons nie moet oordeel nie.
Matt 7:2 Want met die oordeel waarmee julle
oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer
vir julle gemeet word.
3 En waarom sien jy die splinter in die oog van
jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe
om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog
uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te
haal.
Hierdie gedeelte sê duidelik
dat ons nie met geveinsdheid moet oordeel nie.
Jesus veroordeel geveinsdheid.
Mense wat ander oordeel terwyl hulle self daardie sonde doen en selfs
nog erger. Met daardie soort oordeel
moet ons nie oordeel nie.
Wanneer ‘n gelowige wel ‘n
ander gelowige sien sondig, is dit sy Christelike plig om hom in liefde en
respek te konfronteer. Daarvan kan ons
lees in Matt 18:15-17. Dit is nie die
oordeel soos wat Jesus sê ons nie moet oordeel nie. Dit is om die waarheid vir iemand uit te wys
met die hoop en die doel dat daardie persoon hom daarvan sal bekeer.
Jak 5:20 laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar
van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal
bedek.
Ons moet die waarheid in
liefde spreek en ons moet dit wat God se Woord oor sonde sê verkondig. Dit is wat Paulus bedoel wanneer hy sê in 2
Tim 4:2, “verkondig
die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle
lankmoedigheid en lering”.
Ons moet sonde oordeel, maar
met die doel om mense bewus te maak van die gevolge daarvan en ook die
oplossing vir sonde, naamlik die Here Jesus Christus. God verwag van sy mense om regverdig te
oordeel. In werklikheid is dit sonde as
jy nie oordeel nie.
Psa 37:30 Die mond van die regverdige verkondig
wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
KJV
Psa 37:30 The mouth of the righteous speaketh
wisdom, and his tongue talketh of judgment.
‘n Regverdige mens sal
oordeelkundig optree en regeverdige oordeel spreek. Hy sal dit nie wyer nie.
Amos 5:14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is
nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle
kan wees soos julle sê.
15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat
goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal die HERE, die God van die
leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Hoe kan ek dit wat sleg is
haat en dit wat goed is liefhê as ek wyer om te oordeel. Jy kan nie.
Jy sondig as jy nie oordeel nie.
Jesaja beskryf vir ons hoe ‘n volk lyk wat nie oordeel nie.
Jes 59:8 Die weg van vrede ken hulle nie, en
daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat
daarop loop, ken die vrede nie.
9 Daarom is die reg ver van ons en bereik die
geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op ‘n
helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.
KJV
Isa 59:8 The way of peace they know not; and
there is no judgment in their goings: they have made them crooked paths:
whosoever goeth therein shall not know peace.
9 Therefore is judgment far from us, neither
doth justice overtake us: we wait for light, but behold obscurity; for
brightness, but we walk in darkness.
Hulle het geweier om te
oordeel, daarom het hulle nie vrede gehad nie.
Paulus sê in 1 Kor 1:10 dat
ons dieselfde gesindheid en dieselfde mening moet hê. The same mind and the same judgement. Hoekom sou Paulus dit sê as ons nie mag
oordeel nie?
1 Kor 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel
wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
KJV
1 Cor 2:15 But he that is spiritual judgeth all
things, yet he himself is judged of no man.
Om te oordeel is nie sonde
nie. Dit is wat kinders van God moet
doen. Dit is eerder sonde om nie te
oordeel nie.
Mag ons mense oordeel? Verseker!
En ons moet. Paulus bestraf die
Korinthiërs om hulle nie oordeel nie.
1 Kor 6:1 Durf iemand van julle wat ‘n saak
teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die
heiliges nie?
2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld
sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan
onbevoeg vir die geringste regsake?
3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel
nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
4 As julle dan alledaagse regsake het, moet
julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan
nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders
nie?
Paulus kon nie hierdie dinge
gesê het as dit verkeerd was om te oordeel nie.
Hier sê hy baie duidelik dat die heiliges moet oordeel. En dit veronderstel dat ons wys is as ons dit
doen, wanneer ons uitspraak doen tussen broeders.
Rom 16:17 En ek vermaan julle, broeders, hou
hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle
geleer het, en vermy hulle.
18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus
nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde
die harte van die eenvoudiges.
Hoe is dit moontlik om hierdie dinge te doen as ons nie mag oordeel
nie? Paulus sê in 2 Tim 3:5 & 6 dat
ons ons afkeer van mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het. Jy kan dit nie doen sonder om hulle te
oordeel nie.
1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie,
maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete
het in die wêreld uitgegaan.
As ons nie mag oordeel nie, hoe op dees aarde moet ‘n mense die geeste
op die proef stel?
Mal 3:18 Dan sal julle weer die onderskeid sien
tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom
nie dien nie.
As jy nie oordeel nie, sal jy nie kan onderskei tussen wat regverdig en
goddeloos is nie, tussen die waarheid en dwalinge nie, tussen die egte en die
valse nie.
Op 2:2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou
lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die
proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle
leuenaars bevind het;
Om iemand op die proef te stel
is niks anders as om iemand te oordeel nie.
Waarom sou Jesus sit sê as oordeel so verkeerd was? Jy sal nie iemand as ‘n leuenaar kan bevind
as jy nie oordeel toepas nie. Die Bybel
is baie duidelik oor die belangrikheid van oordeel. God verwag dit van ons.
Hoe moet ons oordeel?
Jesus sê in Joh 7:24 dat ons
moet oordeel met ‘n regverdige oordeel.
Dit beteken dat ons moet oordeel soos wat God dit in Sy Woord vir ons
uitgespel het. Hier volg sewe riglyne in
die Woord:
1. Oordeel volgens die Skrif:
Jes 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As
hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad
het nie.
Ons standaard is God se Woord, nie ons gevoelens, ons tradisie of ons
eie opinies nie. Reg en verkeerd word
bepaal deur God se Woord.
2.
Moenie oordeel as God se Woord stil daaroor
is nie:
As God se Woord niks oor ‘n sekere saak sê nie, mag ons nie oordeel
nie. Moenie meer maak as wat die Woord
sê nie. Bv,
Kol 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys
of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,
Paulus sê hierdeur dat hierdie
dinge nie so belangrik is nie en dat ons nie ‘n iets groots daarvan moet maak
nie.
3. Bid vir goeie oordeel en onderskeiding:
Toe Salomo sy koninkryk gehad
het, het hy God gevra,
1 Kon 3:9 Gee dus aan u kneg ‘n opmerksame hart
om reg te spreek oor u volk (to judge thy people - KJV), om tussen goed en
kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?
Jak 1:5 sê dat as ons wysheid kort kom moet ons
dit van God bid.
4. Moenie partydig wees nie:
Spr 24:23 Ook hierdie spreuke is van die wyse
manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
Almal moet regverdiglik
behandel word en jy mag nie subjekief optree nie. Jy moet blind wees en doof wees vir buite
invloede (Jes 42:1, 19-21).
5. Oordeel in waarheid:
Moenie ander oordeel as jy nie
al die regte feite agter mekaar het nie.
Jer 5:1 Swerf rond in die strate van Jerusalem,
en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is
wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
Iemand wat in waarheid oordeel
is iemand wat die waarheid soek.
6. Oordeel met barmhartigheid:
Onthou die woorde van Jesus in
Matt 7:2, “Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel
word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Bewys barmhartig teenoor ander wanneer jy
oordeel.
7.
Moenie vergeet om jouself te oordeel nie:
1 Kor 11:30 Daarom is daar onder julle baie
swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons
nie geoordeel word nie (For if we would judge ourselves, we should not be
judged - KJV).
As jy ‘n ware Christen is, behoort jy aan God. As jy weier om jouself te oordeel met die doel om te groei in die Here, dan sal
jy geoordeel word. Oordeel jouself
voordat jy ander oordeel.
No comments:
Post a Comment