Ef 5:22 Vroue,
wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
23 Want die man
is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is
die Verlosser van die liggaam.
24 Maar soos die gemeente aan Christus
onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos
Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
Hierdie is die patroon wat God
ontwerp het vir die huwelik en
die familie. En ons leef in ‘n tyd wat
dit ‘n baie moeilike ding is om
te verkondig, want die wêreld wil dit nie aanvaar nie.
Wanneer dit kom by hoe die familie
moet funksioneer, het God baie duidelike rigtlyne of beginsels
neergelê. Die rol van die vrou is nog die maklike deel. Wanneer dit kom by die man, dan is dit nog
moeiliker, maar gelukkig is dit nou nie ons tema vandag nie.
V22 sê: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die
Here.”
Geen voorwaarde word hier gestel nie. Dit sê nie:
wees onderdanig as jy so voel nie. Dit sê baie eenvoudig: wees onderdanig! As die Bybel sê dat die vrou onderdanig moet
wees, dan is dit belangrik dat ons sal vra, maar wat beteken dit.
Onderdanigheid
Wat beteken dit? “Onderdanig” is nie
dieselfde woord as “gehoorsaam” nie.
“Gehoorsaamheid” is die
woord “hupokouo” en “onderdanig” is die woord “hupotasso”. Onderdanig beteken om onder iemand in te
beweeg wanneer dit kom by jou funksie of rol as persoon.
Die woord “gehoorsaamheid”
gebruik Paulus wanneer hy praat oor
kinders of slawe. “Hupokouo”
beteken “om te antwoord, om
aandag te gee, of om te gehoorsaam.” Dit
word gebruik by ‘n dienskneg. ‘n Vrou is nie ‘n kind, ‘n dienskneg of slaaf
nie.
Sy staan nie in die huis en wag
vir opdragte nie. “Doen dit. Kry dit.
Sal jy dit vir my kry! Sal jy dit
doen! Is my klere skoon! Het jy al my klere gestryk nie? Dit is nie wat hupotasso beteken
nie.
“Onderdanigheid” beteken nie, die vrou is ‘n slaaf
nie. Dit is ‘n meer intieme woord, baie meer persoonlik, of innerlik, en baie meer belangrik, soos
wat dit aangedui word in v22 deur die term “jou eie man.”
“Vroue, wees aan julle eie mans
onderdanig. Maw, daar is ‘n
sekere sin van besitting hier
betrokke. Dit veronderstel dat ‘n vrou
uit haar eie wilsbesluit reageer
in onderdanigheid op haar eie man - wie sy besit. Dit het niks te doen met die een
is beter as die ander een nie.
God het hierdie verskil in funksie
so bepaal, sodat daardie gemeenskap so onderhou kan word.
Gen 3:16 …na jou man sal
jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
God het hierdie rol so bepaal,
en tog sien on in Genesis dat God sê, die twee sal een, wat word? Een vlees.
Terwyl jy hierdie wonderlike,
intieme, innerlike belangrikheid, daardie eenheid, daardie uniekheid van twee
wat een is het, word die funksie of outoriteit en onderdanigheid nie ontbreek
nie.
Gen 3:16 sê: “Hy sal oor jou heers”. Hoekom?
Vir die doel van eenheid,
vir die doel van werkbaarheid,
is sy onderdanig aan die hoofskap van
haar man – nie as ‘n slaaf nie, maar as een aan wie voorsien word, vir
wie omgegee word, wie beskerm word deur haar man. Dit het nie veel meer te doen met wat sy vir
hom doen nie, as die verantwoordelikheid wat hy teenoor haar het nie.
Die hoofskap behoort aan die man. Fisies het God hom sterker gemaak.
Fisies is die man deur God ontwerp om te werk, om te beskerm, om te voorsien, en om sekuriteit te gee aan die
vrou wat 1 Pet 3:7 noem, as die
swakkere.
Fisies is dit die waarheid,
en sommige sou sê, dat dit ook emotioneel
so is. Die man is gemaak om die sterker maat te wees. Iemand moet die berskermer wees, iemand moet voorsien, en omgee. Volgens Gen 3:16 was dit nog altyd God se standaard.
Kol 3:18 Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit
betaamlik is in die Here.
Paulus sê ook in hierdie vers dieselfde ding, maar hier is ‘n woord wat baie belangrik
is. Hier sê hy nie soos Ef 5:22, soos aan die Here nie. Hier sê hy: soos dit betaamlik is. Die Griekse woord is “aneko” wat beteken “soos dit pas”. Maw dit is die regte ding om te doen. Dit is hoe God dit wil hê.
1 Pet 3
1 Pet 3:1 Net so moet
julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord
ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin
kan word.
Die woord “onderdanig” is
ook hier dieselfde woord “hupotasso”. Dit het niks te doen daarmee dat jy minder belangrik, of selfs dommer, of
minder geestelik moet wees nie. Dit het
te doen met jou rol of funksie van
leierskap en outoriteit in die huis.
Hy sê: “Aan jul eie mans”
moet julle onderdanig wees en weer het te doen met besitting. Jy besit hom.
Hy behoort aan jou.
Verder sê hy: as sommige mans aan
die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue
sonder woorde gewin kan word. Ek is bly Petrus sê dit, want daar is vroue
wat sê: Jy ken nie my man nie. As ek aan my man onderdanig moet wees, sal
dit verskriklik wees. Hy is nie ‘n Christen nie. Hy gehoorsaam nie die Here nie. Hy gehoorsaam nie die Woord nie.
Daarom sê Petrus: wees in elk
geval onderdanig, en sonder om enigiets te sê, sal hy gewin word. Sonder om die woorde “bekeer jou” op sy bierbeker vas te plak, sonder klein briefies saam met sy lunch in te
pak, sonder om hom gereeld een of ander evangelie
aanbieding te gee.
As jy jou lewe inrig volgens God
se patroon vir die huwelik, kan jy, sonder om enige woord uit die Bybel
vir hom te gee, hom wen met jou optrede.
Dit is wat Petrus sê.
Nou, van watter gedrag praat
Petrus? Hoe moet jy voor hom wandel? V2 sê:
1 Pet 3:2 as hulle jul reine, godvresende wandel
aanskou het.
Nie net lewe jy ‘n rein lewe nie,
jou gedrag en jou optrede nie, maar jou wandel is godvresend.
1 Pet 3:3 Julle versiering moet
nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
Dit is wat in ons tyd aangaan. Dit is ongelooflik. Orals waar jy
kom, is mode die inding. Ons word
daardeur gebombardeer met
tydskrifte, met die TV, in elke winkelsentrum.
Dit is hoe jy moet lyk. Nee!
Petrus probeer sê: dit is nie
die uiterlike wat tel nie, dit is die innerlike wat tel. Jou
wandel moet rein, godsvresend wees. Dit
is die innerlike kwaliteit van die vrou
wat haar man beïndruk.
Kyk net watter verdraaide geslag
het ons vandag. Manne wat deesdae
kettings en goud dra. Manne met lang hare, oorbelle en
neusringe. Die Bybel sê niks daaroor nie, want manne het in
daardie tyd dit net eenvoudig nie gedoen nie, maar nou is dit orals.
Ek sê nie dat almal soos klooster
tannies moet lyk nie, maar ons commitment
moet altyd wees om die innerlike rein en skoon te hou, meer as die
uiterlike.
Lizelle sê vir my toe sy en
haar sussie nog tieners was dan het haar ma altyd vir hulle gevra: het jy net soveel tyd aan jou binnekant spandeer as wat jy tyd aan
jou buitekant spandeer het. Dit is hierdie reine en godsvresende lewe wat
jou man vir die Here gaan wen.
Dr. John MacArthur sê die volgende ding oor hierdie gedeelte in 1 Pet 3. Hy sê:
“if
you preoccupy yourself with that, then you are in violation of the standard,
because you are not submissive. Why? You are calling attention to yourself--you
are putting yourself on parade, you are adorning yourself. You are pushing your
own cause and your own case.”
Daar is ‘n verskil tussen mooi lyk
en om te adverteer. If you are not in business, don’t advertise.
1 Pet 3:4 maar die verborge mens
van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees,
wat baie kosbaar is voor God.
V4 sê jy moet eerder bekommerd
wees met dit wat verborge is in jou hart.
Dit gaan oor die motiewe van jou
hart. Maw moenie aan die
buitekant werk nie, maar werk aan die binne kant. Versier jou eerder met ‘n sagmoedige en stille gees. Dit is baie kosbaar voor God.
Dit is nie die vrou se plek om
op te staan en haar stem te laat hoor nie.
Vandag betoog die vrouens
en maak hulle groot ophef om
hulle stemme dik te maak, sodat almal moet luister. Maar die Bybel sê dat dit wat vir God kosbaar is, is ‘n sagmoedige en stille gees.
‘n Vrou wat haar man wen met
‘n sagmoedige en stille gees. Dit is die rol van die vrou.
Dit beteken nie dat die vrou moet
wegkruip en nooit haar opinie gee nie.
Dit beteken dat sy verstaan wat
God van haar verwag en dit is om nederig en stil te wees. Dit is die skoonheid van ‘n vrou – sy is ondersteunend – dit is haar sterkte.
1 Pet 3:5 Want so het vroeër ook
die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan
hul eie mans onderdanig,
Petrus verwys hier na die vroue
van die Ou Testament. Hy sê:
hulle het hulleself so versier. Hoe? ‘n Sagmoedige en stille gees. Petrus sê: dit het nie verander nie, dit is vandag nog steeds dieselfde.
En nou staan ek hier vandag 2000 jaar later en ek sê vir julle dat die Bybel is steeds vandag
nog so relevant soos daardie tyd en vandag is dit ook hoe die vrou haar moet versier.
Met ‘n sagmoedige en stille gees.
Dit het nie verander nie. Dit is wat by God tel. Dit is wat vir God kosbaar is.
‘n Godvresende vrou was nog altyd iemand wat die binnekant versier het. Dit beteken nie jy moet lelik aantrek nie en lelik lyk nie, maar waaraan spandeer
jy die meeste tyd? Wat is jou motiewe?
Die vrou in aksie is ‘n vrou wat
haar plek ken, wat met ‘n sagmoedige en stille gees haarself aan haar
man onderwerp.
1 Pet 3:6 soos Sara gehoorsaam
was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as
julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
Sara het Abraham heer genoem. Dit gaan nie oor die titel nie, maar oor die respek wat sy vir hom gehad het. Die laaste deel van v6 sê: “en geen enkele verskrikking vrees nie.” Sommige vroue sê, “ek is darem maar bang om
aan my man onderdanig te wees. Ek sal my regte verloor. Hy sal oor my hardloop.”
Jy moet onthou dat hierdie vroue het God vertrou, daarom het hulle geen vrees gehad om God te gehoorsaam
nie. En wanneer daar enige misbruik of
mishandeling was het hulle geweet dat God
daarmee sal handel.
Doen jy jou deel. God sal Sy deel doen. Jy is
aan God gehoorsaam. Onderwerp jou aan jou man soos heilige vroue
dit doen, in ‘n sagmoedige en stille gees, soos wat God van jou dit verwag en
dan, moenie vrees nie. Jy kan God
vertrou.
1 Kor 11
In Korinthe was daar ‘n Vroue Vryheids Beweging: vroue wou dieselfde werk as die mans doen. Vrouens het probeer soos mans lyk en optree.
Dit was ‘n groot ding. Sommige vrouens in die kerk het by hierdie beweging betrokke geraak. Daarom
skryf Paulus vir hulle hier in hoofstuk 11 om hierdie ding aan te
spreek.
Die vroue in die Korinthiese
gemeenskap was veronderstel om onderdanig te wees, en hulle het ‘n simbool gehad, ‘n teken van
onderdanigheid, en dit was ‘n sluier. Die vroue
in ‘n Korinthiese of heidense gemeenskap het in daardie tyd en in
daardie wêreld ‘n sluier gedra as ‘n teken van onderdanigheid. Dit was ‘n simbool van hul nederigheid.
Dit was nie ‘n Bybelse gebruik
nie, maar dit het aangesluit by God
se beginsel van onderdanigheid.
Daar was net twee tipe vrouens
wat nie ‘n sluier gedra het nie, die een was ‘n prostituut en die ander was ‘n feminis. Vroue wat betrokke geraak het by hierdie
beweging.
Die feministe wou gelyke regte met ‘n man hê. Nou skryf Paulus vir hulle in 1 Kor 11 en sê
dat hulle hulle hoofde moet bedek. Dit was ‘n Korinthiese en heidense teken van onderdanigheid en Paulus sê
dit is wat in julle gemeenskap erken word as onderdanigheid.
Hoekom sou Paulus dan sê dat hulle ook
‘n bedekking moet dra? Hy sê dit
dat die wêreld nie sal sê: die kerk rebelleer teen ‘n God-gegewe
beginsel nie. Want onderdanigheid is ‘n God-gegewe beginsel. Hy sê dan verder ook dat ‘n bedekking is nie ‘n slegte beginsel nie, want God het
dit selfs in die natuur gedoen.
1 Kor 11:14 Of leer ook die
natuur self julle nie dat as 'n man lang hare dra, dit vir hom 'n oneer is nie;
15 maar as 'n vrou lang hare
dra, dit vir haar 'n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as 'n
bedekking?
Dit sê nie dat dit vir ‘n man
sonde is om lang hare te dra nie, maar wat hy sê is dat die natuur ons leer dat ‘n vrou se hare
langer is as ‘n man sin om ook dan so as ‘n bedekking te dien. Wat het die natuur daarmee te doen?
Navorsing het bewys dat ‘n vrou
se hare vinniger groei as ‘n man se hare. Dit is hoe God die vrou gemaak het.
God het die vrou hare gegee
wat vinniger groei, sodat die
langer hare vir hulle ‘n teken sou word van onderdanigheid of bedekking. Paulus sê in der waarheid, dit is nie ‘n slegte ding om ‘n sluier te dra
nie; hierdie gebruik van die gemeenskap is
baie naby aan hoe God haar gemaak het.
Paulus sê: bly by hierdie beginsel
wat onderdanigheid openbaar. Al wat
Paulus sê is dat ‘n vrou moet die plek
van onderdanigheid inneem en selfs in die gemeenskap moet sy nie haar posisie verloor nie. So hy sê: dra die bedekking, dit is nie teen God se beginsel nie. Dit openbaar julle onderdanigheid.
Nou vra ek: Is die bedekking ‘n Bybelse instelling? Nee. Maar Paulus sê: vir die vroue in die
Korinthiese kerk, deur julle hoofde te bedek, openbaar julle jul onderdanigheid
in die gemeenskap. As jy dit nie doen nie, dan is jy in
opstand, maw jy is ‘n feminis of mense sal dink jy is ‘n prostituut.
Is die sluier vandag ‘n simbool
van onderdanigheid in die gemeenskap?
Nee. Tye het verander, maar die beginsel van onderdanigheid het
nie verander nie. Maw as jy jouself uiterlik versier om die aandag op jou
te vestig, dan is jy nie onderdanig nie.
Luister! ‘n Goeie vrou trek aandag
na haar man toe. Nie na haarself toe
nie.
Tit 2
Tit 2:3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees
soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf
nie, maar leraresse van wat goed is,
Nou wat sê dit? Wat moet die ou
vroue wees? Leraresse. Hulle moet leraresse
wees van wat goed is. Wie moet hulle
leer?
Tit 2:4 sodat hulle die jong
vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
Hier is ‘n wonderlike patroon
vir die lewe van ‘n vrou. Die ou vroue moet die jong vroue
leer. Wat moet hulle hul leer? “om
versigtig te wees”, die KJV het dit reg vertaal. Dit sê: “That they may teach the young women to be sober…”
Maw dit sê: Leer die jong vroue om
groot te word, om hulle prioriteite te ken, om ernstig te wees, om die
belangrike dinge wat saak maak in ag te neem.
Wat moet hulle doen? Hulle mans
en kinders liefhê.
Dan sê ons mos: Ef 5:22 sê “manne
julle moet julle vroue liefhê”, en ons looi hulle. Dan sê ons: as die vrou nie sy man liefhet nie, is dit omdat hy nie haar liefhet
nie. Ons sê dit is sy skuld. In ‘n sekere mate dalk, maar die vrou het ook ‘n opdrag: hulle moet
hulle mans en kinders liefhê.
Die vrou het net soveel
verantwoordelikheid om haar man lief te hê as wat die man die vrou moet
lief hê. Dit geld altwee kante toe. Hierdie liefde beteken dat sy haarself vir haar man en haar
kinders sal gee. Dit is ‘n opofferende liefde.
Tit 2:5 ingetoë te wees, kuis,
huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie
belaster word nie.
Waaroor gaan dit alles? Dat God se woord verheerlik sal word.
2 Thes 3:1 Verder, broeders, bid
vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net
soos by julle;
As ons nie leef volgens
die woord nie, dan belaster ons die Woord.
Ons sê in der waarheid: Wat’s die verskil wat die Bybel sê? Wat maak dit saak wat die Bybel sê?
Slot
Ek wil so laaste klip in die bos
gooi, wat julle self kan gaan ondersoek.
Ek het my eie mening daaroor.
Tit 2:5 sê dat die jong vroue word geleer om ingetoë te wees, kuis (skoon en
rein), en dan huislik…”
Kom ek lees vir julle die KJV:
Tit 2:5 To be discreet, chaste, keepers at home…
“Keepers at home”, is die Griekse woord, “oikourous”, wat letterlik beteken, iemand wat
by die huis bly.
1 Tim 5:14 Ek wil dan hê dat die
jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen
aanleiding gee om kwaad te spreek nie.
KJV
1 Tim 5:14 I will therefore that the younger women
marry, bear children, guide the house…
Younger women, nie jonger weduwees nie.
Ons afr vertaling is verkeerd.
“Guide the house” is die Griekse woord “oikodepotein” wat beteken om
“huis te hou.”
Nou kom ons stop daar.
No comments:
Post a Comment