Wednesday 13 February 2013

Bybelse Onkunde in hoë plekke

Mar 12:18 Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê: 
19 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en ‘n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. 
20 Nou was daar sewe broers, en die eerste het ‘n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat. 
21 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so. 
22 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe. 
23 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? —want al sewe het haar as vrou gehad. 
24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie? 
25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is. 
26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan—het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie? 
27 God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks. 

Die Jode het nog altyd geglo in ‘n opstanding.  Hulle het geglo daar is twee dele van die opstanding.  Hulle het geglo in die aardse nationale opstanding van die volk Israel waarvan ons lees in Eseg 37.  Ons kry hier ‘n visioen van die dor bene wat in ‘n vallei lê.  Dit verwys na Israel en God gaan weer lewe in hierdie bene blaas.

Hulle egter hierdie opstanding gesien as ‘n politieke herlewing en dat die beloftes wat aan Abraham en aan Dawid gegee is oor die koninkryk tot vervulling sou kom.  Saam met hierdie opstanding van Israel sal daar ‘n Messias kom wat ‘n oorwinnaar sou wees soos Dawid en Hy sou hulle verhoog en aan hulle oorwinning en heerlikheid gee.  Dit is die nationale opstanding van Israel.

Maar hulle het ook geglo in ‘n persoonlike opstanding.  Hulle het geglo dat hulle wat in die ware God geglo het, na die dood weer opgewek sal word.  Hulle sou hierdie wêreld verlaat en oorgaan na die hiernamaals.  Daar is baie buite bybelse geskrifte wat die Jode se siening oor die opstanding weerspieël.

In die Talmud, ‘n boek waar al die Joodse wette versamel is, kry jy ook die gemeenskaplike tema van die opstanding.  Maar die lering oor die persoonlike opstanding van die mens kom natuurlik uit die Ou Testament.  Ons kry dit byvoorbeeld in die Psalms.

Psa 16:9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon; 
10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. 
11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig. 

Dawid sê hierdeur dat hy vertroue het daarin dat wanneer hy na die doderyk toe gaan, dat hy nie daar gaan bly nie, maar hy gaan die anderkant uitkom op die pad van die lewe in die teenwoordigheid van God.

Psalm 49 verspel dan ook die opstanding van Jesus Christus.  Ons noem dit ‘n Messiaanse Psalm.

Psa 49:15 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem.

Job 19:26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; 

KJV
Job 19:26 And though after my skin worms destroy this body, yet in my flesh shall I see God: 

Dit spreek maar net van die vertroue wat Job gehad het dat hy by God sal wees wanneer hy sterf.

Hos 6:1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. 
2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. 

Weereens gaan dit oor die vertroue wat daar is in die opstanding.

Jes 26:19 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk. 

So die persoonlike opstanding van die mens is nie net ‘n Nuwe Testamentiese lering nie, maar ons kry dit ook in die Ou Testament.  In Joh 5 lees ons dat daar ‘n opstanding tot die lewe is en ‘n opstanding tot veroordeling.  Jesus het gesê,

Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. 
25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. 

En al hierdie skrifte wat ons gelees het is belangrik vir ons teksgedeelte.  Hoekom?  Want die meerderheid standpunt in Judaïsme was dat daar nie net ‘n nationale opstanding van Israel sal wees nie, maar dat daar ook ‘n persoonlike opstanding gaan wees van die mens en dat hy in die teenwoordigheid van God sal staan.

Dit is belangrik om te weet want die Sadduseërs in ons teksgedeelte waarvan ons gelees het, wat na Jesus toe gekom het, onthou jy, om vir Hom ‘n lokval te stel, het nie geglo in ‘n persoonlike opstanding nie.

Die Sadduseërs is ‘n sekte groep van Judaïsme wat die realiteit van die opstanding ontken het.  Trouens, het hulle die werklikheid van die bontuurlike ontken.  Hulle het nie geglo in engele nie.  Daarvan kan jy is in Hand 23:8.

Hand 23:8 Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei. 

Hulle ontken dat daar ‘n geestelike dimensie of werklikheid is.  En alhoewel hulle die minderheid is en nie dieselfde glo as wat die Juïstiese teologie was nie, het hulle die sê gehad in die tempel.  Hulle het die tempel bestuur vanaf die hoëpriester af tot by die owerepriesters.  Hulle was hoofsaaklik almal Sadduseërs.

Onthou die Sanhedrin het bestaan uit die Fariseërs, die Sadduseërs en die Skrifgeleerdes.  Hulle het saam ‘n komplot  te smee teen Jesus en wil van Hom ontslae raak.  Die Fariseërs het probeer maar misluk.  Nou is dit die Sadduseërs se beurt.

Ons het laas week gesien hoe die Fariseërs probeer het om Jesus te kry om iets te sê teen Rome, dat die mense nie belasting moet betaal nie, sodat Hy lyk soos ‘n  rebel en sodat Hy deur die Romeine gearresteer kan word.  Maar Hy het hulle uit oorlê.

So hier kom die tweede groep van die Sanhedrin wat Jesus wil diskrediteer voor die volk, dat die mense teen Hom sal draai.  En hoe doen hulle dit?  Deur te probeer om Hom  soos ‘n dwaas te laat lyk voor almal.

Hierdie Sanhedrin is baie sterk, baie ryk, baie invloedryk, aristokrate.  Hulle is liberaal.  Hulle besit baie mag en nou wil hulle van Jesus ‘n dwaas maak en hulle dink hulle kan doen wat die Fariseërs nie kon regkry nie.  Terwyl die godsdiens van die volk, dié van die Fariseërs was, was die mag in hulle hande.

Die Sadduseërs was gretig om saam met Rome te werk.  Hulle wou nie Rome ontstel nie, veral nie, omdat hulle dit wel gehad het.  Hulle het ryk geword van dit wat Rome wou hê hulle moes doen deur al die korrupsie in die tempel.  Hulle was gelukkig om Rome se vriend te wees, want Rom het hulle sakke volgemaak.

Hulle wou van Jesus ontslae raak en die mense moet wegdraai van Hom, want Hy is ‘n dwaas.  Dit is hulle doel.  Die Jode het egter nie van die Sadduseërs gehou nie.  Hulle was kwaad oor hulle verbindtenis met Rome.

So kom ons kyk gou na hulle godsdiens en wat hulle geglo het.  Hulle het ‘n baie vreemde godsdiens gehad.  Alhoewel hulle liberaal was in die sin dat hulle nie geglo het in die opstanding nie, dat hulle die bestaan van engele en ook die geestelike realm ontken het, was hulle meer wetties as die Fariseërs.

Hulle was wreed wanneer dit gekom het by die gereg.  Hulle was barbare.  Hulle was harde fundamentaliste.  Hulle het net die wet van Moses aanvaar.  Hulle het nie die mondelinge tradisies aanvaar nie.  Hulle het ook nie die skriftuurlike tradisie wat alles vir die Fariseërs was, aanvaar nie.  Hulle was trots daarop dat hulle die suiwere geloof het van die Pentateug.

Hulle het die wet van Moses meer letterlik vertolk as die ander en hulle was baie erg op die Levitiese reinheids wette.  Maar die belangrikste ding van hulle geloof was die ontkenning van die opstanding en enige soort toekomstige lewe.  Maw as jy sterf, dan hou jy op bestaan.  Daar is nie lewe na die dood nie.  Dit is alles verby.

‘n Historikus van daardie eeu, Josefus vertel onsdat hulle geglo het dat die siel en die liggaam saam by die dood die laaste asem uit blaas.  Daar is dus geen hemel of hel nie.  Geen straf vir swag gedrag en geen beloning vir goeie gedrag nie.  Geen toekoms.  Geen hiernamaals.  Daarom stel hulle nie belang in die Messias nie.  Hulle het geen werklike belangstelling in verlossing nie.

En die Fariseërs was gedurig met die Sadduseërs in argument oor hierdie dinge.  Die Fariseërs het weer baie sterk geglo in die opstanding.  Hulle het nie net by die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel gebly nie, maar hulle het in die hele Ou Testament geglo.

Die Fariseërs het nou weer alles soos gewoonlik verder gevat en gedebateer oor die feit of ‘n mens opgewek sou word geklee of ontklee.  Dan het hulle gesê, hy word opgewek geklee, maar dan stry hulle weer of hy met dieselfde klere waarmee hy gesterf het of nuwe klere geklee sal wees.

Dan sal hulle weer praat oor die feit of die mens dieselfde siektes of gebreke sal hê na die opstanding.  Of hy dieselfde eienskappe sal hê wat hy gehad het toe hy gesterf het.  En die algemene konsesus was dat hulle weer dieselfde sal wees nadat hulle gesterf het.

Hulle het geglo dat al die Jode sal opstaan en nog meer het baie geglo dat al die Jode sal in Israel opstaan.  Hoe is dit dan moontlik?  Sommige van hulle geleer dat daar tonnels is oor die hele aarde en wanneer ‘n Jood begrawe word in ‘n vreemde land, sal sy liggaam deur die tonnels beweeg totdat dit uiteindelik in Israel kom.

So jy het die Sadduseërs wat net in die eerste vyf boeke van die Pentateug glo en alles letterlik glo, maar nie in ‘n opstanding glo nie en dan het jy die Fariseërs wat die Ou Testament glo, maar oneindige dinge bygevoeg het en eindelose debate gevoer het oor ‘n klomp nonsense.  

So die Sadduseërs en Fariseërs het nie goed oor die weg gekom nie.  Maar een ding het hulle oor saamgestem, en dit is om van Jesus ontslae te raak.

Mar 12:18 Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê: 

Nou die Sadduseërs was net in die tempel.  Die Fariseërs en Skrifgeleerders was orals oor die hele land.  Die Rabbi’s was orals.  So wat hulle gepla het was wanneer Jesus na die tempel toe gekom het.  Dit het hulle aandag gekry.  Jesus het drie jaar gelede in die tempel gegaan met ‘n sweep en tafels omgegooi.  Hier kom Hy weer en doen dieselfde.

Jesus dreig om hulle toe te maak en die mense weg te lei van hulle af en hulle handeldryf te stop.  So hulle wil van Hom ontslae raak.  Die opstanding is vir hulle ‘n groot issue.  Hulle het met almal hieroor gestry, want almal het daarin geglo.

Hand 4:1 En terwyl hulle (dit is die apostels, Petrus en Johannes) besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom, 
2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig. 
3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand. 

Jy sien!  Die opstanding was vir hulle ‘n groot ding.  Nie net was Jesus in die tempel vir hulle ‘n bedreiging nie, maar ook later die apostels.  So die Sadduseërs kom na Jesus toe en hulle doel is om Hom soos ‘n dwaas te laat lyk voor al die ander.

Die Fariseërs kon Hom nie as ‘n rebel stil maak nie.  Nou wil die Sadduseërs Sy geloofwaardigheid vernietig.  En hoe kom hulle na Hom toe?

Mar 12:19 Meester... 

Sien julle die geveindsheid.  Hulle wil bewys Hy is ‘n dwaas en nie werd om ‘n leermeester te wees nie, maar hulle noem Hom meester.  So hulle spot eintlik met Hom.  En so hulle gaan terug na Moses toe,

...Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en ‘n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. 

Deut 25:5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ‘n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ‘n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit.
6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie. 
7 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie— 
8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie— 
9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie. 

Dit was die gebruik in Israel.  Die familie naam was belangrik.  Dit was ook net geldig wanneer die broers enkel was en nie getroud was nie.  Dit was om Israel se stam-identiteit te behou en die lande wat aan hulle toegewys is.  

Julle onthou die verhaal van Rut, weduwee wat nie ‘n kind gehad om die naam te behou nie.  Almal was dood.  Sy ontmoet toe vir Boas.  En hy kwalifiseer toe vir ‘n levirate huwelik, om as ‘n broer van die oorledene te trou.  Deur sy nageslag kom Dawid en dan ook Jesus.

So die Sadduseërs verwys na hierdie wet.  Moses het ons voorgeskrywe.  En nou skets hulle ‘n bizarre scenario.  Daar was sewe broers.  Die eerste het ‘n vrou.  Hy sterf sonder kinders.  Die tweede trou met sy vrou.  Hy sterf sonder kinders.  Die derde trou met sy vrou en so gaan dit aan tot al sewe met haar getrou het.

Hier is grap:  In die opstaning, wie se vrou gaan sy wees?  Hulle glo nie eens in die opstanding nie, maar hulle gebruik nou die Fariseërs se teologie.  En volgens die Fariseërs verander niks na die opstanding nie.  Jy dra nog dieselfde klere.  Jy het nog al dieselfde siektes en gebreke.

So die Fariseërs sou bevestig dat jy in die hemel ook getroud is, net soos op die aarde.  Die volgende lewe gaan presies dieselfde wees soos hierdie lewe.  Jou verhoudinge gaan dieselfde wees.  So ja, die Fariseërs se teologie is absurd.  

Hoor hoe antwoord Jesus hulle in v24,

Mar 12:24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie? 

So Jesus maak ‘n beskuldiging reguit teen hulle.  En hulle probleem is onkunde.  Hulle dwaal oor die Skrifte en ken nie die krag van God nie.  In Matt 22 wat praat oor dieselfde gebeurtenis, sê Jesus, Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

Jesus sê, Ek is nie die probleem nie, julle is die probleem.  Ek is nie die dwaas nie, julle is die dwaas.  Julle is verkeerd, nie Ek nie.  Julle mislei julleself deur jul onkunde.  Julle dwaal geestelik.  Julle is losgemaak van die werklikheid.  Julle is losgemaak van rede.  Julle ken nie die waarheid nie.  

Wat dit nog erger maak is dat hulle nie eens belangstel om die waarheid te ken nie.  Verseker maak hulle aanspraak op die Skrif.  Verseker sê hulle dat hulle letterlik op die wet van Moses staan.  Maar Jesus sê, julle is die dwase.  Julle verstaan nie die Skrif nie.

Verder sê Hy, julle verstaan ook nie die krag van God nie, want die krag van God is in die Skrif geopenbaar.  Hoe is dit moontlik dat julle nie kan begryp dat dieselfde God wat die mens gevorm en gemaak het, nie die mens kan opwek nie?  As God alles in ses dae kan skape, hoe kan Hy nie iemand opwek nie.  Julle ken nie die krag van God nie.

Die probleem was dat hulle geestelik dood was.  Hulle was geestelik blind.  En gevolglik was hulle onkundig en hulle sit in hoë plekke.  Om te dink dat hulle God kan beperk en glo dat God nie kan uitsorteer hoe dinge in die hemel werk nie.  Dis absurd!

Jesus verduidelik dan in v25,

Mar 12:25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is. 

Die hele idee van voortplanting en geboorte en familie bou en om voor te bestaan is vir hierdie lewe en hierdie wêreld en nie die hiernamaals nie.  So as jy gewonder het, daar is geen huwelik in die hemel nie, geen gesinne en geen eksklusiewe verhoudinge nie.

Jesus sê ons sal soos engele wees wat in die hemele is.  Dit beteken nie ons gaan engele wees nie.  Dit sê ons sal soos engele wees.  Hierdie Sadduseërs het nie eers in engele geglo nie.   Wat beteken dit?  Engele is in heerlikheid.  Engele is ewig.  Engele sterf nie.  Engele reproduseer nie.  Die huwelik is vir hierdie lewe. 

Ons is nie volmaak nie.  Dit is nie goed vir die mens om ... alleen te wees nie.  Die vrou voltooi die man.  In die hemel is dit nie nodig nie.  In die hemel is ons volkome.  Liefde sal volmaak wees in almal.  God is nie bekommerd om uit te werk met wie jy getroud gaan wees in die hemel nie.  Dit gaan nie ‘n probleem wees nie.

Die Sadduseërs is onkundig.  Hulle ken nie die Skrif nie.  Hulle ken nie die krag van God nie.  Hulle het ‘n verkeerde begrip van God.

Kom ons kyk gou na wat Paulus sê.

1 Kor 15:35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle? 
36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie. 
37 En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders. 
38 Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. 

40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. 

42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; 
43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. 
44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. 

Gaan lees die hele gedeelte. Dit is ‘n ongelooflike waarheid.  Die Sadduseërs was onkundig oor hierdie waarheid.

Mar 12:26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan—het julle nie gelees in die boek van Moses (so asof die Here met hulle sarkasties is, want hulle staan mos op Moses se 5 boeke), in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie? 

Hoekom sou Jesus dit sê?  Hy is die God van Abraham, Isak en Jakob.  Hy sê nie Hy was hulle God nie.  Hy sê Hy is hulle God.  Maw hulle is, hulle bestaan.  Dit is teenwoordige tyd.  Ek is hulle God.  Maar het hulle nie al gesterwe?  Maar hoor wat sê die volgende vers, 

Mar 12:27 God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks. 

Wat beteken dit?  Hulle lewe.  Abraham en Isak en Jakob lewe.  Hulle is by God.  

Die Sadduseërs is dwase, want hulle hele lewe lank probeer hulle bewys dat daar nie ‘n opstanding is nie en hulle staan op die eerste boeke van die Bybel, die Pentateug.  Maar intussen is dit reg onder hulle neuse.

Hy is die God van Abraham, Isak en Jakob.  In plaas daarvan dat hulle Hom vernietig, vernietig Hy hulle.  Hy slaan hulle teologie en alles wat hulle glo plat.  Hy was nie die dwaas nie.  Hulle was die dwase.  En die Sadduseërs verdwyn net soos die Fariseërs.  Luister!  Jy kan nie met God argumenteer nie.  Jy gaan verloor.

Slot

Vir ons is dit wonderlik om te dink, is oor die opstanding dit nie?  Hierdie lewe is nie die einde nie.  Ons gaan vir ewig saam met God wees.  Ons sal volkome wees.  Ons sal volmaakte liefde hê.  Ons sal volmaakte kennis hê.  Ons sal volkome vreugde hê.

Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 
21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. 


No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288