Thursday 7 February 2013

Geestelike dissipline

Ons het die laaste tyd gepraat oor die praktiese Christen lewe.  En die laaste twee week het ons so bietjie daarvan afgewyk en gepraat oor hoe om jou hart sterk te maak en volle versekerdheid te hê, alhoewel dit aansluit by praktiese christenskap.

Kom ek som it gou op:  Versterk jou hart, maw dink reg.  As jy reg dink, sal jy reg leef.  En as jy reg leef sal jy sekerheid hê.

Vandag wil ek weer terug kom na Rom 12 en om gou ‘n vinnige opsomming te gee, het ons gesien in v9 dat die praktiese Christen lewe gaan oor ‘n liefde wat eg is, ‘n Christen is iemand wat ongeveinsde liefde het.  Dit is ook iemand wat sonde haat en goeie dinge aanhang.

‘n Christen is iemand wat sy mede broeders liefhet.  Dit is iemand wat die kerk van die Here Jesus Christus liefhet, want die kerk is Sy eiendom.  Die kerk behoort aan Hom en daarom as jy Hom liefhet, het ook die lief wat aan Hom behoort.

Nog ‘n bestandeel van ‘n Christen se lewe is nederigheid.  Dit is iemand wat van homself vergeet en iemand anders se belange bo sy eie stel.  Dit is iemand wat voorgaan in eerbetoning, maw iemand wat voorloop en wys hoe om in ander se nood te voorsien en nie iemand wat terug staan en wag dat ander dit doen nie.  Om eerste te wees daar waar die nood is, haastig om goed te doen.

Dan het ons ook gesien dat ‘n Christen se lewe moet gevul wees met entoesiasme.  Dit moet gevul wees met ywer en opgewondenheid.  Gevul wees met energie en lewenslus.  ‘n Christen is iemand wat die Here dien en wil dien want dit is ‘n voorreg.  Iets wat die wêreld nie vir jou kan gee nie.

Kom ons kyk dan na ons teksgedeelte vandag:

Rom 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. 
13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; 

‘n Kommunistiese leier met die naam van Vladimir Ilyich Lenin het die volgende gesê, “With a handful of dedicated people who will give me their lives, I will control the world.”  En dit is wat hy probeer doen het en dit is wat baie kommuniste vandag nog probeer doen.

Wat hy dan eintlik sê is dat die wêreld behoort aan die gedissiplineerde mense.  Die wêreld behoort aan die mense wat committed is.  Dit behoort aan mense wat hulle lewe sal gee vir dit waarin hulle glo.  En dit is die waarheid.

Maar ons samelewing vandag fokus egter baie op ontspanning en rekreasie.  Ons sê ons is onder groot druk.  Ons sê dat ons leef is so groot gejaag dat sommiges op die ou einde in psigiatriese inrigtings beland en dwelms gebruik en selfs hul eie lewens neem.  Maar dit is alles eintlik net een ding, ‘n te kort aan dissipline.

‘n Gedissiplineerde persoon se lewe is nie buite beheer nie.  ‘n Persoon se lewe wat buite beheer is, is ‘n ongedissiplineerde persoon.   Ons samelewing hou van genot.  Ons samelewing hou van entertainment.  Sport het ‘n te groot prioriteit geword.

En wanneer entertainment en genot alles begin oorskry, het ons ‘n samelewing wat besig is om uit mekaar te val.  Dit is nie net ‘n filosiese siening nie, maar ons sien dit in die geskiedenis.  Dit vat baie dissipline om groot denkers te hê, om groot skrywers, groot musikante, groot dokters en profesionele persone en leiers te hê.

Jy het geen vaardigheid nodig om na vermaaklikheid of sport te sit en kyk nie.  Daar is geen dissipline in ontspanning nie.

Richard Shelley Taylor, ‘n predikant van die Nasareners het gesê, “There was a time when inter-collegiate debating drew big crowds.  Now the debates are held in side rooms while the crowd cheers at the basketball games.  This shift of interest from the intellectual to the recreational has occurred even in Christian colleges, so widespread is the accent on relaxation.  It must be emphatically asserted that the shift of excited popular interest from debate to basketball is a sign of cultural decline,"

Dit is tekens van oppervlakkigheid.  Dit is tekens van oormatigheid.  Ontspanning, speletjies en pret dra nie by tot die ontwikkeling van ‘n samelewing nie.  Ja, ons het ontspanning nodig en daar is niks fout met speletjies nie, maar dit moet nie ons fokus wees nie.

1 Tim 4:8 Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. 

Ons moet geoefen wees in die godsaligheid.  Wat beteken dit?  Ons moet geestelik gedissiplineerd wees.  Die probleem is nie mense wat ‘n tekort aan gawes het nie.  Die probleem is mense se karakter.  En karakter word nie oornag gevorm nie.  Dit verg groot dissipline en deursettingsvermoë.  Karakter word oor jare gevorm.  En dit kos ‘n prys.

‘n Ongedissiplineerde benadering tot die kerk gaan ‘n generasie van ongedissiplineerde Christene voortbring en wat gaan gebeur as hulle eendag die kerk moet lei?

So wat is self-dissipline?  Dit is die vermoë om jou lewe te leef volgens beginsels en goeie oordeel, en nie volgens impulse, begeertes en sosiale gewoontes nie.  Meeste mense se gedrag word bepaal deur hul impulse, begeertes en wat hulle wil doen of wat deur die samelewing aanvaarbaar is.  Dit is nie dissipline nie.

Self-dissipline is om jou begeertes en emosies onder beheer te kry.  Dit is om nie saam met die vloei te gaan nie.  Maar om al jou begeertes en gevoelens onder beheer te bring onder dit wat reg is.  En in ‘n Christen se lewe beteken dit eenvoudig om God se Woord te gehoorsaam.  Dit beteken om jou gevoelens en emosies en begeertes onder God se beheer te plaas, sodat jou lewe Hom eer sal bring.  Dit is geestelike dissipline.

Ons het almal dissipline nodig.  Ons het almal nodig om onsself in ‘n posisie te plaas waar ons rekenskap moet gee.  Ons het almal reëls nodig.  Ons kan nie leef soos ons wil omdat ons ‘n Christen is nie.  Ons is nie vry in die sin dat ons kan doen net wat ons wil nie.  Ons leef binne God se wil.  Anders gaan Hy ons tugtig.  God soek mense wat geestelik gedissiplineerd is.

En dit bring ons na Rom 12, waar ons beginsels kry wat ‘n Christen prakties moet leef in ‘n gedissiplineerde lewe.  En wanneer jy dit lees dan moet jy jou eie lewe gaan ondersoek en kyk of geestelike dissipline het of nie.

Dit is in ons menslike natuur om boos te wees.  Dit is in ons menslike natuur om self-gesentreerd te wees.  Dit is in ons menslike natuur om onvriendelik te wees teenoor mense wat binne ons spasie kom.  Dit is in ons menslike natuur om lui te wees, om nie vir ander om te gee nie, maar ons eie belange eerste te stel.  Dit is in ons menslike natuur om kwaad te word vir ander mense wat ons leed aan doen, om mense terug te kry.

Maar vir die kind van God is dit verkeerd en moet hy geestelike dissipline toepas.  Hy doen nie meer wat sy menslike natuur vir hom voorskryf nie, maar hy doen wat reg is en wat goed is en wat God se wil is.

So geveinsdheid moet uit jou lewe, en opregte liefde moet in.  Boosheid moet uit en goedheid moet in.  Selfsugtigheid moet uit en nederighid moet in.  Luiheid moet uit en ywer moet in.  Self-gesentreerdheid moet uit, maar ander se belange moet in.  Haat moet uit, liefde moet in.

Watter tipe persoon leef so?  ‘n Gedissiplineerde persoon.  ‘n Persoon wat sy natuurlike begeertes onder beheer het.  ‘n Persoon wat deur die Gees van God beheer word en God se wil doen.  

Wanneer dit kom by dissipline is daar ‘n paar simpel wenke:  Begin met die klein dingetjies.  Maak skoon jou kamer of huis, of was jou kar.  Wees altyd betyds.  Doen die moeilikste dinge en doen hulle eerste.  Organiseer ou lewe.  Wees bly as iemand jou reghelp.

Verloën jouself en verwelkom verantwoordelikheid.  Dit is belangrik wanneer self-dissipline wil kweek in jou lewe.  Dit is wat ons ons kinders moet leer.  Hulle moet hulle kamer skoonmaak.  Hoekom?  Ons gaan mos nie ‘n klomp mense kry wat na hulle kamer gaan kyk nie.  ‘n Mens nooi nie mense om na jou kamer te kom kyk nie.

Maar ons leer ons kinders self-dissipline.  Om betyds te wees vir ‘n afspraak.  As jy iewers moet wees, wees op tyd, moenie laat wees nie.  En ek maak dit so prakties as moontlik so dat ons nie dink dat geestelike dissipline iewers daar bo is net vir die super geestelikes nie.  Dit gaan oor die instandhouding van sekere gewoontes en patrone in jou lewe wat lei na ‘n lewe van dissipline.

Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. 

Geestevermoëns word geoefen deur gewoontes.  En hierdie beginsels waarvan ons gelees het in Rom 12 is gewoontes wat ons moet oefen.  Onthou julle nog?  Dit is beginsels wat begin by my persoonlik en gaan wyer uit na my medegelowiges.  En daarna na ander buite die kerk en dan ook ons vyande.  En hierdie sirkels van verantwoordelikheid kring wyer uit vir ‘n gedissiplineerde lewe.

V9 het gesê, jou liefde moet ongeveins wees.  Jou liefde moet opreg wees.  Jy moet verafsku wat sleg is, maw jy moet sonde en alle slegte dinge haat.  En jy moet die goeie aanhang.  Plak die goeie dinge aan jou vas.  En dit is geestelike dissipline.

Dan gaan die sirkel wyer na jou medegelowiges in v10-13.  Wees hartlik teenoor mekaar met broedelike liefde.  Die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.  As jy Christus liefhet, het jy lief die wat aan Hom behoort.  Jy moet die kerk van die Here Jesus liefhê.  Die kerk is jou geestelike familie.  

‘n Geestelike gedissiplineerde lewe is ‘n lewe wat uitreik in liefde na iemand wat in nood is.  Iemand wat sy eie begeertes en belange eenkant plaas en vir ander wys hoe om nie traag te wees nie, maar voor te gaan en in ander se nood te voorsien.

V11 het gesê, moenie traag wees in ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here.  Dit is ‘n geestelike gedissiplineerde lewe.  Dit is ‘n lewe wat committed is tot liefde, wat slegte dinge haat, die goeie dinge aanhang, vir ander omgee en ander eer, ‘n lewe van ywer en passie en die Here dien.

Heb 10:23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 
24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 
25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. 

Soos sommige die gewoonte het nie.  Kerk toe kom, onderlinge byeenkomste bywoon is ‘n goeie gewoonte en ‘n geestelik gedissiplineerde lewe.

C.T. Studd was ‘n wel af man en het baie dinge van die wêreld gehad, maar hy het alles weg gegee vir sendingwerk.  Hy skryf die volgende, 

"Some want to live within the sound of church or chapel bell, I want to run a rescue shop within a yard of hell." 

Dit is iemand wat ywer het en vurig van gees is.  John Wesley het gesê, 

"Give me a hundred men who love God with all their heart and fear nothing but sin and I will move the world." 

En dit is presies wat hy gedoen het.  En so was Paulus ook vir ons ‘n goeie voorbeeld van ‘n geestelik gedissiplineerde lewe.  Hy het gelewe om God te eer.

Rom 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. 

Hierdie dinge is nodig om ‘n geestelik gedissiplineerde lewe te handhaaf.  Want somtyds kan jy alles reg doen volgens die boek en baie effort insit, maar die resultate is ontstellend.  Dit is nie maklik om jou kruis te dra nie, maar dit is juis dan wanneer jy jou moet verbly in die hoop, geduldig wees in die verdrukking en volhard in die gebed.

Daar kom ‘n dag, ‘n heerlike dag wanneer ons die Here Jesus Christus gaan sien en al jou moeite sal nie verniet wees nie.  Eerder nou gedissiplineerd en betaal eerder nou die prys.  Die einde maak dit alles die moeite werd.  Verbly jou in daardie hoop.

Geestelike dissipline is nie moeilik as jy een ding in sig het nie, wanneer jy hoop op die ewigheid nie.  Daarom sal jy geduldig wees in verdrukking.  En om jou deur verdrukking te dra, moet jy natuurlik volhard in die gebed.  Hierdie dinge onderhou ‘n geestelike gedissiplineerde lewe.  ‘n Lewe volgens God se standaard.  Hierdie dinge onderhou ‘n goddelike lewe.  Verbly in die hoop, geduldig in die verdrukking, volhard in die gebed.

Rom 12:13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; 

Dit is ons Christelike plig.  Hier is die verskil tussen die Christene en die wêreld.  Die wêreld word gekenmerk aan kry, kry, kry.  Christene word gekenmerk aan gee.  Dit is wat Paulus hier sê.  Die vloei van ons lewens is nie na inwaarts nie, maar uitwaarts.

Die KJV sê, “Distributing to the necessity of saints; given to hospitality.”

Die Griekse woord vir “maak voorsiening/distributing” is “koinonia” wat letterlik beteken, gemeenskap of deelname of vennootskap.  Dit beteken ons is in vennootskap met ander gelowiges en as hulle behoefte of nood het, dan deel ons in hulle nood.  Ons maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges.  Ons is daar vir mekaar.

Heb 13:16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers. 

ESV
Heb 13:16 Do not neglect to do good and to share what you have, for such sacrifices are pleasing to God. 

Dit gaan daarom om te deel, om te gee eerder as om te ontvang.  Dit is deel van jou Christelik plig.  Ons is deelgenote, ons is vennote.  Ons deel in mekaar se nood.  En ons het die voorbeeld van Jesus oor die gelykenis van die barmhartige samaritaan.  Die man wat langs die pad gelê het, het nood gehad.  En dit is ons naaste wat ons moet liefhê deur hulle te versorg en in hul behoeftes te voorsien.

Kom ons leef ‘n geestelike gedissiplineerde lewe.

No comments:

Post a Comment

Search This Blog

VIDEO'S

EWIGE SALIGHEID - INLEIDING (VIDEO)


EWIGE SALIGHEID - DEEL 1 (VIDEO)


ALLES OOR VAL IN DIE GEES

Ons kyk na wat die Bybel sê oor die verskynsel van val in die Gees in DEEL 1 en wat die oorsprong is daarvan in DEEL 2.

Hierdie DVD is gratis vir diegene wat in Rustenburg bly. Kontak my gerus. Buite Rustenburg R60 plus posgelde.

DIE INLEIDING TOT DIE OPENBARING - DVD REEKS

Hierdie DVD reeks is 'n moet as jy die boek Openbaring graag beter wil verstaan. Dit gaan jou ook help om die Bybel reg te lees en te verstaan.

1 DVD vir R60 of al 5 DVD's teen R200

Kontak my by 082 784 3288